Pages

Sunday 24 March 2013

Motors, parkering en verkeer


Motors, parkering en verkeer - deur P.K.Odendaal - 24 Maart 2013.

Vir die meeste van ons mans is dit die hoofitems in ons lewe. Ons wil almal wiele hê en wegkom van die vrou en kinders. So ek skryf oor alles saam.
Dit het begin toe ek my eerste nuwe motor in sewe jaar gekoop het. Dit is 'n GMC Acadia SLT2. Die SLT2 meen dit is die heel luukse een met alles wat oop en toe maak. Dit het my ongeveer R 520 000 gekos.
Vir hierdie deel van Kanada is dit noodsaaklik om 'n motor te ry wat in ys en sneeu tuis is, en hierdie een is voorwaar, behalwe dat dit nie met winterbande uitgekom het nie. Ek moes nuwe winterbande laat opsit teen R 2000 elk. Goedkoper as my gewone Prado bande in SA. In SA het ek 'n Prado en BMW 750 gehad.



Sunday 17 March 2013

Ons uitstappies vandag - 17 Maart 2013


Ons uitstappies vandag - 17 Maart 2013

Ons het vanaand na die simfonie orkes in die Edmonton Stadsteater gaan kyk. Die Edmonton simfonie orkes onder leiding van Bill Eddins het verkeie stukke gespeel. Ek kan met vrymoedigheid sê hy was die beste dirigent wat ek ooit gesien het.
In die eerste plek was die teater gebou asemrowend. Die argitektuur, akoestiek en funksionaliteit is uitstekend.



Thursday 7 March 2013

Na Kanada - Deel 4 - Maart 2013


Na Kanada - Deel 4 - 6 Maart 2013. 

Ek is vandag 'n maand in Kanada. So dit is tyd vir refleksie.
In die maand het ek al my dokumentasie ens. reggekry behalwe vir 'n paar dinge. Een daarvan is  my bestuurslisensie. Ek het my toets vir leerlinglisensie geskryf en snaaks genoeg deurgekom op die eerste probeerslag, nadat ek die boekie eenmaal noukeurig deurgelees het. 'n Mens mag net vyf foute uit dertig vrae maak en jy skryf op die rekenaar. Toe ek my leerlinglisensie wou uitneem, vra hulle my om my SA bestuurslisensie in te gee, want dit is bedrog om twee lisensies hier te hê. Hulle het nie hier ID boekies soos in SA nie, en die bestuurlisensie is jou ID dokument ook - inteendeel jou enigte ID dokument. Ek weier toe natturlik om my SA lisensie in te gee soos enige goeie SA'ner sal doen, want ek het 'n ekstra swaar vragmotorlisensie in SA. As ek dit ingegee het, dan mag ek vir vier weke (totdat ek my volwaardige lisensie het) nie alleen bestuur nie. Later, na bepeinsing, het ek besluit dat ek dit wel tog mettertyd sal ingee aangesien ek weer een in SA vir so R 200 sal kan koop.