Na Kanada - Deel 2 -
deur P.K.Odendaal - 14 Januarie 2013
Die tyd raak nou min en ons het begin pak. Op aanbeveling
van iemand anders het ons die maatskappy Moveit aangestel om ons goed te pak en
te vervoer. Dit was ons eerste fout. Dit is die mees 'useless' firma wat ek
ooit mee gewerk het, so more-oggend moet ons iemand anders kry.
Ek probeer baie hard om hierdie artikels nie-polities te
hou, maar vind dit sommige tye baie moeilik, want ons hele sisteem en denke het
een politiese gemors geword. Frik vra my eergister wat sleg is van Kanada. Ek
antwoord hom dat ek nie weet nie, want elke land het iets slegs, maar dat ek
mooi sal uitkyk en my lesers sal laat weet, want ek is sensitief vir sulke
dinge. Tot dusver het ek nog nie iets slegs opgemerk nie. Ek antwoord ook, dat
as hy so twee ure tyd het, kan ek hom so duisend dinge vertel van wat sleg is
van die huidige Suid Afrika.
Ek moet solank my besigheid daar aan die gang kry - 'n
raadgewende ingenieurs besigheid. My plan is om vryskut ingenieurswerk te doen
- so ek sal konsultant ingenieurs firmas daar nader, om hulle vuilwerk te doen,
soos om probleme op te los - iets wat ek nogal baie van hou - want dis omtrent al
wat ek deesdae in SA doen. Ek soek op die internet en kry 'n honderd sulke
firmas in die provinsie, en stuur elke week aan tien van hulle my CV. Ek meen,
as ek aan almal gelyktydig stuur, gaan ek teveel werk navrae op een slag kry! Die
heel laaste sin was net 'n grap, vir die wat dit nie kon sien nie. Ek hoop op
so 10% reaksie waarvan so 10% my kan gebruik.
Die persoon by wie ons rekenaars koop, het my hierdie week
vertel dat een van sy vriende, 'n kraandrywer, so pas vertek het na Kanada,
nadat hulle hom ge'headhunt' het. Ek dink in afrikaans word die mense wat sulke
mense werf, koppesnellers genoem. Ek staan verstom. Dat selfs vaardighede soos kraandrywers
in Kanada op so manier gesoek word. Nie dat ek daarop neersien nie - toe ek
klein was wou ek self 'n kraandrywer word.
Ek het alreeds vanaf 1 Januarie 2013, 'n selfoon in Kanada,
wat my dogter beman, om sodoende al hierdie hope navrae na my dienste te
hanteer. Die foon het ek op 'n 'Christmas special' gekry in Desember. Dit is 'n
Samsung Note II, waarvan ek baie hou. Ek hoor dit word 'n 'phablet' genoem -
iets tussen 'n 'phone' en 'n 'tablet'. As dit so is, dan het die mense daar
seker ook al van ons eg Suid Afrikaanse woord 'shaki' gehoor. Om die drie jaar
kontrak aan te gaan, moes ek R 900 vir die foon betaal en dan maandeliks R 1000
vir onbeperkte nasionale oproepe. Hier betaal ek R 1000 vir 400 plaaslike minute.
As ek daar kom, moet ek 'n motor ook koop. In Suid Afrika ry
ek 'n Prado, waarvan nuwes hier omtrent so R 600 000 kos. Ek soek daar vir 'n
soortgelyke voertuig, want ek het spasie nodig om my Suid Afrikaanse vriende
wat vir my kom kuier, rond te ry - en tussenin so bietjie werk ook mee te doen.
Die naaste en beste wat ek kry, is 'n GMC Acadia SUV wat ek vir R 370 000 kan
koop. Hulle gebruik die woord SUV (special utility vehicle) vir wat ons 'n 'fourbyfour'
noem. Die mees gevorderde stuk elektroniese toerusting wat ek in my Prado het,
is die radio. Die GMC kan ek mee praat en take oplê soos: skakel my vrou of
soek die beste restaurant in die omgewing. Dit het kameras wat my van voertuie
naby my waarsky, en as ek my sleutel verloor, kan hulle die voertuig per
satelliet vir my oopsluit.
Wat my in hierdie hele proses die meeste opval, is die manier
waarop die blinde sambok werk. In die tagtiger jare het Suid Afrika gely deur politieke
druk vanaf die res van die wêreld en veral die VSA - aangevoer deur ons eie
politieke aktiviste, wat disinvestering genoem word. Ek doen 'n vinnige
berekening hieroor. Van ons ses miljoen blankes, het drie miljoen alreeds
ge-emigreer. As ek aanneem dat daar twee werkgeleenthede per emigrerende gesin
verlore gaan, soos met ons gesin, dan het SA so ses miljoen werkgeleenthede
verloor oor die tyd. Van die 'miljoene' geld wat sulke mense saamneem na ander
lande en wat uit ons SA ekonomie gaan, laat die destydse disinvestering soos 'n
vulletjie lyk. Die skaars vaardighede wat hoofsaaklik in die besit van blankes
is, gaan die land uit teen 'n spoed - selfs kraandrywers, en die regressie en
agteruitgang van dienste in die land het nou waarlik omomkeerbaar geword, soos
FW de Klerk graag gesê het.
Ek dink nie ek emigreer om my rug op die land te draai nie.
Ek dink tog ek sal jaarliks gedurende die somer vir 'n tyd terugkom. Wat ek
egter wel wil doen, is om 'n ondersteuning te wees vir ander Suid Afrikaners
wat wil emigreer, om hulle te help om die moeilike stap te doen.
Enigiemand is welkom om artikels vir hierdie blog te skryf,
en aan my te stuur vir publikasie.
No comments:
Post a Comment