Na Kanada - Deel 3 -
deur P.K.Odendaal - 14 Februarie 2013.
Die groot tog is op 'n end en die goedere sal stuk stuk hier
aankom. Ons het darem in een stuk hier aangekom - met British Airways vanaf
Johannesburg na Londen Heathrow, en Air Canada na Edmonton. BA se diens en kos was
baie swak soos gewoonlik, en Air Canada s'n was baie goed soos gewoonlik - die
beste kos en diens wat ons ooit op enige lugredery ontvang het.
Ons eerste vervoermaatskappy, Movit van Midrand, het toe
liederlik misluk in hul poging om ons huisgoedere en meubels te vervoer. Hulle
het in die proses baie bokse verloor, maar na baie gespook het ons uiteindelik
al die bokse in hulle 'warehouse' opgespoor. Hulle 'warehouse manager' het nie
'n 'clue' wat aangaan nie. Hulle was eers arrogant oor ons klagte, maar het
later mooi verskjoning gevra, toe hulle sien wat aangaan in hulle besigheid.